# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê hy het ʼn ongekwalifiseerde oudit vir die 2024-boekjaar ontvang en skryf dit toe aan die verstandige bestuur van hulpbronne. Die visekanselier en hoof, Tinyiko Maluleke, sê hierdie prestasie is ʼn getuienis van die universiteit se gesonde beleidsplatform, noukeurige finansiële beheer en streng nakoming van relevante nasionale wetgewing. Hy voeg by ʼn skoon oudit moedig hulle aan om die doelwitte van die universiteit se strategiese plan pligsgetrou na te volg.
TUT sê skoon oudit is te danke aan noukeurige finansiële beheer