Skip to content

Turkye se presidentsvrou versoek Melania Trump om Netanyahu te konfronteer oor kinders in Gaza

# Turkye se presidentsvrou, Emine Erdoğan het aan Melania Trump geskryf en haar aangespoor om dieselfde besorgdheid vir die kinders in Gaza te toon as oor Oekraïense kinders wat deur oorlog geraak word. Trump het voorheen haar eie brief aan die Russiese president Vladimir Putin gestuur oor die byna 20-duisend Oekraïense kinders wat volgens die Kiëf-regering gedurende die drie jaar van oorlog ontvoer is. Erdoğan het Trump aangespoor om die voortdurende lyding in Gaza aan te spreek, waar nagenoeg 18-duisend kinders die afgelope twee jaar dood is. Sy het voorgestel dat Melania ‘n brief aan die Israelse premier Benjamin Netanyahu stuur waarin sy ‘n einde aan die krisis versoek.