Skip to content

Turkye bied aan om vergadering van VSA, Russiese en Oekraïense presidente te hou vir beëindiging van oorlog

# Turkye het voorgestel om ‘n vergadering tussen die Amerikaanse, Russiese en Oekraïense presidente aan te bied in ‘n poging om ‘n einde aan die oorlog in Oekraïne te maak. Turkye, ‘n Navo-lid, het ‘n sleutelbemiddelaar geword te midde van die Amerikaanse president Donald Trump se druk vir ‘n ooreenkoms om die oorlog te beëindig. Die minister van Buitelandse Sake, Hakan Fidan, sê verwagtinge vir ‘n wapenstilstand en vrede het toegeneem. Hy vergader later vandag met die Oekraïense president Volodymyr Zelensky na hy vroeër vandeesweek met Russiese amptenare in Moskou ontmoet het.