Skip to content

Tuinroete-veldbrand woed buite beheer naby Mosselbaai

# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap probeer om ‘n veldbrand onder beheer te kry in die Gondwana-wildreservaat in die Mosselbaai munisipale gebied. Die Brandweerhoof, Deon Stoffels, sê dit was ‘n beheerde brand, wat daarna versprei en buite beheer geraak het. Verskeie grasdakstrukture word bedreig en brandbestrydingspanne, Werk met Vuur en lugsteun is in die gebied en probeer om die brand in bedwang te bring