# Die Stad Tshwane sê hy sal die sake van die 44 werkers wat afbetaal is hersien wanneer al die ondersoeke na aantygings teen hulle afgehandel is. Die werkers is lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie en is in 2021 afbetaal nadat hulle aan ‘n onwettige protesoptog oor salarisverhogings deelgeneem het. SAMWU eis dat die burgemeester Nasiphi Moya die werkers heraanstel en die ooreenkoms van 3,5-persent verhoging eerbiedig. Die onderburgemeester Eugene Modise sê hulle sal dit oorweeg om diegene wat onregverdig afgedank is, weer aan te stel.
Tshwane wag op uitslag van ondersoek van 44 afbetaalde werkers