# Die Stad Tshwane sê die voortgesette oprigting van onwettige strukture en onwettige grondbesetting dra by tot die vinnige toename in plakkerskampe reg oor die metro. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, het gister ʼn oorsigbesoek aan die Koekemoer-plakkerskamp in Centurion gebring. Dit het begin as ʼn plaas wat deur werkers beset is en het sedertdien uitgebrei. Die departement se woordvoerder, Doreen Mokgolo, sê die metro kan nie permanente ontwikkelingsprojekte op privaat grond doen nie:
Tshwane waarsku teen onwettige grondbesetting en uitbreiding van plakkerskampe [KLANK]
ENG MokgoloONIllegalLand