# Die Stad Tshwane waarsku inwoners van Montana teen misleidende WhatsApp-inligting oor watervoorsiening in die gebied. Daar is berigte oor water wat verkleur in Streek 2, Montana, en omliggende gebiede. Die metro sê hierdie berigte kom op ʼn tydstip waar beplande instandhouding aan die grootmaat-waterstelsel gedoen word in die reservoir wat die Montana-area voorsien. Hy sê om die integriteit van die grootmaatwaterstelsel te beskerm, is gereelde onderhoud en skoonmaak nodig om veilige en betroubare watervoorsiening te verseker.
Tshwane waarsku Montana-inwoners teen misleidende inligting oor instandhoudingswerk