# Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, vra inwoners om nie verlate geboue en grond onwettig te beset nie. Hy het in Soshanguve met die leierskap van die Sentrale Hostel in Blok H vergader om die behuisingsprobleme van die inwoners te bespreek en die metro se voorgestelde oplossings te verduidelik. Die gebou is voorheen as ʼn skool gebruik. Maluleka sê die onwettige besetting van geboue ondermyn beplande nedersettings-programme.
Tshwane vra inwoners om nie verlate geboue onwettig te beset nie