# Die Stad Tshwane se veelparty-koalisieregering sal vandag ‘n eenjaar-terugvoerverslag aan inwoners by die Lucas van den Berg-sportterrein verskaf. Die burgemeesterskomitee het sedert die begin van sy ampstermyn in Oktober verlede jaar ‘n aksieplan met ses prioriteite van stapel gestuur om die ommekeer van die metro te lei. Die burgemeester Nosiphi Moya sê dit is belangrik om inwoners vertroue te gee in die vordering wat op elk van die prioriteitsgebiede gemaak is. Sy sê dat dit ewe belangrik is om deursigtig te wees oor die uitdagings waarmee die metro steeds te kampe het.
Tshwane veelparty koalisieregering verskaf een-jaar terugvoerverslag aan inwoners