Skip to content

Tshwane stel wykskomitees aan in al 107 wyke

​# Die Stad Tshwane het in al 107 wyke wykskomitees aangestel om gemeenskapsdeelname in plaaslike regering te versterk. Die komitees moet kwartaalliks vergader om aan inwoners ʼn platform te gee om by te dra tot besluite oor dienslewering en ontwikkeling. Die raad se speaker, Mncedi Ndzwanana, sê wykskomitees se rol is om inklusiwiteit en deursigtigheid te bevorder. ‘n Komiteelid in Wyk 60, biskop Ike Mabena, beklemtoon die behoefte aan opleiding om hierdie nuwe komitees te ondersteun.