# Die Stad Tshwane sê hy het ʼn span aangestel om te antwoord op enige navrae wat verband hou met die skoonmaaktarief. Die nuwe maandelikse heffing van 194-rand is gemik op omheinde gemeenskappe en winkelsentrums wat nie bestaande skoonmaakrekeninge het nie, maar privaat skoonmaakdienste gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Obakeng Ramabodu, sê die skoonmaakheffing sal die metro in staat stel om vullisbestuursdienste aan alle inwoners te lewer.