# Die Stad Tshwane het amptelik sy 2024/25 pad-opgraderingsprogram van stapel gestuur om infrastruktuur, veiligheid en mobiliteit te verbeter. Die projek, wat in Wyk 39, Soshanguve-Suid, afskop, teiken die verswakkende toestand van paaie in Mabopane, Winterveld, Hammanskraal, Lynnwood, Olievenhoutbosch en Mamelodi. Die burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Tlangi Mogale, sê vyf kontrakteurs is op die perseel en die projek sal na verwagting teen einde Junie voltooi word. Sy sê dit vorm deel van ‘n breër padrehabilitasieplan wat datagedrewe beoordelings gebruik om duursame infrastruktuur vir inwoners te verseker.
Tshwane stel pad-opgraderingsprogram bekend