Skip to content

Tshwane stel nuwe aanmeldingstelsel bekend vir bedrog en finansiële wangedrag

# Die Stad Tshwane het ‘n nuwe aanmeldingstelsel vir bedrog en finansiële wangedrag bekendgestel wat die veiligheid van fluitjieblasers prioritiseer. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê veilige, anonieme kanale, insluitend inloopsentrums en ‘n bedrog-hulplyn, sal die publiek en amptenare in staat stel om sonder vrees onetiese gedrag aan te meld. Klagtes kan ook per e-pos of deur die metropolisie gedoen word. Meer as 900 gevalle is reeds aangemeld. Die metro sê die inisiatief is deel van sy verbintenis tot verantwoordbaarheid en goeie bestuur.