Skip to content

Tshwane sê uitgebreide openbare werkeprogram moet regverdig wees 

# Die Stad Tshwane sê hy gaan voort om in die Uitgebreide Openbare Werkeprogram te belê wat na verwagting in die 2025/26-boekjaar een-duisend-en 34 werksgeleenthede sal skep. Die program skep werksgeleenthede vir werkloses. Die metro het talle beheermaatreëls vir goeie regering en deursigtigheid ingestel om seker te maak slegs wettig-aangestelde en gekontrakteerde werkers van die program wat vir diens aanmeld, word betaal. Dit sluit in dat die metro soms fisiese bewysleweringsprosesse uitvoer.