Skip to content

Tshwane se polisie keer man aan wat hom glo sedert 2012 as werknemer van metro voordoen

# Die polisie in Tshwane het ʼn man aangekeer wat hom na bewering sedert 2012 voorgedoen het as ʼn werknemer van die metro by die Rietvlei-watersuiweringsaanleg. Hy het glo onder die naam Prince gewerk en Mohlaume Geoffrey Mamabolo se identiteit gebruik. Die metro se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die Departement van Binnelandse Sake het bevestig Mamabolo se identiteitsdokument is in 2013 uitgereik. Die betrokke ID-nommer is geblok nadat die verdagte probeer het om vir ʼn slim-identiteitskaart aansoek te doen. Hy verskyn na verwagting vandag in die hof.