# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Stad Tshwane se nuwe skoonmaakheffing onregmatig en ongeldig verklaar en ter syde gestel. Die maandelikse heffing van 194-rand-37-sent was gemik op omheinde gemeenskappe en winkelsentrums wat nie bestaande skoonmaakrekeninge het nie, maar privaat skoonmaakdienste gebruik. AfriForum het die hof genader om die heffing, wat byna 260-duisend huishoudings en sakeondernemings in Tshwane sou raak, om te keer. Die hof het ook ʼn kostebevel aan AfriForum toegestaan.
Tshwane se nuwe skoonmaakheffing onregmatig en ongeldig verklaar