# Die Stad Tshwane se finansiële hoof, Gareth Mnisi, is nog sewe dae gegun om redes in te dien waarom hy nie geskors moet word nie, terwyl die bewerings teen hom ondersoek word. Getuienis voor die Madlanga-kommissie het getoon dat Mnisi inligting oor tenders uitgeruil het met ‘n beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, wat betrek word as ‘n tussenganger tussen misdaadbase en senior polisiebeamptes. Die besluit om Mnisi meer tyd te gee, is gister tydens ‘n spesiale raadsvergadering geneem.
Tshwane se finansiële hoof meer tyd gegun om skorsing te vermy