Skip to content

Tshwane se distrikskommissaris sê volgehoue samewerking is noodsaaklik in voortgesette stryd teen misdaad [KLANK]

# Tshwane se distrikskommissaris, Samuel Thine, sê volgehoue samewerking tussen wetstoepassingagentskappe en gemeenskapstrukture is noodsaaklik in die voortgesette stryd teen misdaad en om veiliger gemeenskappe te verseker. ‘n Multi-dissiplinêre operasie om misdaad te voorkom wat in Ga-Rankuwa en Mabopane gehou is, het tot die inhegtenisneming van 345 verdagtes vir onder meer moord en gewapende roof, gelei. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê nakomingsondersoeke het ook op immigrasie en sakeverwante kwessies konsentreer en dit het gelei tot die aanhouding van 53 onwettige immigrante:

AFR DykONSustained