Skip to content

Tshwane se Artikel 79-oorsigkomitee veroordeel plant van bome in strate

# Die voorsitter van Tshwane se Artikel 79-oorsigkomitee, Ngoako Seanego, het die plasings van ‘n wyksraadslid op sosiale media veroordeel, waarin gesê word inwoners moet bome in die middel van die straat plant as ‘n vorm van verset. Seanego beskou hierdie vorm van uitdrukking as opsetlike beskadiging. Hy sê hulle weet die onlangse swaar reën het strate beskadig, maar hulle doen hul bes om die stad se beskikbare hulpbronne te gebruik om die agterstand uit te wis en die onlangs-beskadigde padinfrastruktuur in al sewe streke te herstel.