Skip to content

Tshwane se aanleg in Bronkhorstspruit vandag weer ten volle in bedryf

# Die Stad Tshwane sê die watersuiweringsaanleg in Bronkhorstspruit is van vandag weer ten volle in bedryf. Dit volg nadat die aanleg se vermoë tot 50-persent verminder is terwyl filtreer-rubbers vervang is. Die metro sê die gebiede wat geraak is, soos Bronkhorstspruit se dorpsgebied, Ekangala, Ekandustria, Rethabiseng, Riamapark en Zithobeni, sal vandag weer water hê.