Skip to content

Tshwane reik uit na inwoners om met rekeningprobleme te help

# Die Stad Tshwane se Finansiële Dienste gaan ‘n uitreikprogram in Streek 1 aanbied om inwoners wat probleme met munisipale rekeninge het, te help en dienslewering te verbeter. Dis deel van die metro se verbintenis tot toeganklike en verantwoordelike kliëntediens. Die byeenkomste sal met rekeningnavrae, meterlesings, hulp aan behoeftiges, erfbelasting en reëlings vir betaling help. Die program sal na verwagting van 2 tot 27 Junie plaasvind. Byeenkomste is in die Falala-saal, Tsaroga-Phoka Primary School, Soshanguve High School en ander lokale.