# Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Tshegofatso Mashabela, vra gemeenskappe om eksklusiewe borsvoeding as deel van Wêreld-borsvoedingsweek te ondersteun. Sy sê vanjaar se tema, ‘Gee voorkeur aan borsvoeding: Skep volhoubare Ondersteuningstelsels,’ beklemtoon die behoefte vir gesamentlike ondersteuning. Mashabela beklemtoon die rol van borsvoeding in die verbetering van kinderoorlewing en moedergesondheid, en moedig vroue aan om vir ses maande slegs borsvoeding te gee. Sy sê die stad voorsien ondersteuning met 24 klinieke deur die Moeder-, Kind-, Vroue-gesondheid en Voedingsprogram, insluitende leiding vir MIV/Vigs positiewe ma’s wat anti-retrovirale behandeling ontvang.
Tshwane-raadslid moedig eksklusiewe borsvoeding aan gedurende Wêreld-borsvoedingsweek