# Die Tshwane-stadsraad het ʼn versoek van die Departement van Menslike Nedersettings toegestaan om magtiging te verskaf vir verskeie grondgebruik-aansoeke. Dit is ʼn voorvereiste om die bestaande Refilwe Uitbreiding 5-plakkerskamp amptelike status te gee. Die aansoeke kan hersonering, onderverdeling, township-vestiging en die verwydering van beperkende titelvoorwaardes insluit. Die departement sê hy gaan die Refilwe-nedersetting, wat 12,8 hektaar beslaan, formeel verklaar as deel van die metro se groter program om eiendomsreg te verseker, lewensomstandighede te verbeter en volhoubare nedersettings te verseker.
Tshwane-raad keur stap goed om Refilwe Uitbreiding 5-plakkerskamp amptelike status te gee