Skip to content

Tshwane ondersoek aanhoudende wateronderbrekings in Zwavelpoort [KLANK]

# Die Stad Tshwane sê tegnici ondersoek die aanhoudende probleme met watertoevoer wat verbruikers in Zwavelpoort se hoërliggende gebiede raak. Die woordvoerder van die metro, Lindela Mashigo, sê verminderde oorblywende druk op hoër vlakke het die afgelope sewe dae laer druk en onderbroke watertoevoer veroorsaak wat sekere inwoners geraak het. Hy sê dit beteken die beskikbre druk is nie genoeg om water effektief na hoërliggende gebiede te druk nie:

ENG MashigoONZwavelpoort