# Die Stad Tshwane sê hy het nog nie ʼn aansoek ontvang vir ʼn betoging oor die beweerde verkragting van Cwecwe, die sewejarige Oos-Kaapse meisie nie. Justice for SA beplan vandag ʼn reeks optogte in verskeie stede. Die beweerde verkragting het woede ontlok oor verskeie stelselprobleme in hantering van die saak. Ten spyte van wydverspreide betogings sê owerhede hulle is onbewus van enige beplande optrede in die metro en waarsku betogings wat nie goedgekeur is nie, kan optrede verwag.
Tshwane onbewus van permit vir beplande Geregtigheid vir Cwecwe-betoging