# Die Tshwane-metro het bevestig dat township-planne vir Pretoriuspark-uitbreiding 40 goedgekeur is. Dit baan die weg vir die hervestiging van Cemetery View en Plastic View se inwoners. Die nuwe ontwikkeling sluit 863 behuisingseenhede in waarvan 300 deur die regering gesubsidieer word. Bouplanne word afgehandel en ʼn bouer sal in die nuwe boekjaar aangestel word. Die stap is deel van die stad se groter ruimtelike integrasie om oorbevolking en onveilige lewensomstandighede in die ooste te hanteer.
Tshwane nader aan hervestiging van plakkerskamp-inwoners