Skip to content

Tshwane Metropolisie waarsku teen onwettige parkering

# Die Tshwane Metropolisiedepartement is bekommerd oor die groeiende aantal voertuie wat weens onwettige parkering in die metro geskut word. In Mei alleen is ongeveer eenduisend voertuie vir parkeeroortredings in beslag geneem. Die TMPD sê onwettige parkering hou beduidende risiko’s vir motoriste, voetgangers en nooddienste in. Nog belangriker is die feit dat toegang tot noodsaaklike geboue, insluitend toegang tot nooddienste geblokkeer kan word, wat dringende lewensreddende mediese en noodreaksies kan vertraag.