Skip to content

Tshwane lê krag aan na 129 straatligte in Sinovich-rylaan om veiligheid te verbeter

# Die Stad Tshwane sê die veelparty-koalisieregering wil in infrastruktuur belê om die lewens van inwoners regstreeks te verbeter en terselfdertyd veiliger en beter verbinde gemeenskappe skep. Die metro het 129 nuwe straatligte langs Sinovich-rylaan in Wyk 91, Streek 6, aangebring as deel van die #SwitchOnTshwane-diensleweringsprogram. Tshwane sê dit sal sigbaarheid verbeter vir motoriste, voetgangers en openbare vervoer en ʼn veiliger omgewing skep.