# Die voorsitter van Tshwane se Artikel 79-komitee vir Maatskaplike en Gemeenskapsontwikkeling, Rebecca Monchusi, doen ʼn beroep op gemeenskappe om van leiers optrede en aanspreeklikheid te eis om geslagsgeweld te voorkom. Dit volg nadat Kgaogelo Marora volgens berigte deur haar eks-kêrel vermoor is ten spyte van ʼn beskermingsbevel teen hom. Monchusi sê die komitee het aan die metro se Departement van Gemeenskaps- en Maatskaplike Dienste geskryf en gevra om die streek se snel-reaksietaakspan te gebruik om bewustheid en opvoeding oor geslagsgeweld te bevorder.
Tshwane-komitee vir maatskaplike en gemeenskapsontwikkeling vra optrede teen geslagsgeweld