Skip to content

Tshwane-koalisievennote verwelkom eerste begroting wat ten volle befonds is

# Die Stad Tshwane se koalisievennote, insluitend die ANC, die EFF en ActionSA het die eerste konsepbegroting wat sedert 2021 ten volle befonds is verwelkom. Die begroting verhoog die drumpel vir hulpbehoewendes van 150-duisend-rand tot 250-duisend-rand, wat meer as 183-duisend eiendomme bevoordeel met gratis basiese dienste ter waarde van 2,9-miljard-rand. Dit sluit ook ‘n vier-persent verlaging in eiendomsbelasting in en 210-miljoen-rand se besnoeiings in kontrakteurskoste. Kliniekure sal tydens ‘n toetsprojek verleng word, wat begin by die Olievenhoutbosch-kliniek, om toegang tot gesondheidsorg te verbeter.