# Die Stad Tshwane sê hy open vandag openbare swembaddens vir die lenteseisoen. Die swembaddens is in 2024 weens waterskaarste gesluit. Die metro het beplan om hulle reeds Maandag te heropen, maar weens ‘n vertraging met die aflewer van chloor, moes die tyd verskuif word. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landbou, Obakeng Ramabodu, sê geringe opknappingswerk sal by al die swembaddens gedoen word om beter geriewe vir die inwoners te bied.
Tshwane heropen openbare swembaddens