# Die Stad Tshwane sê hy sal voortgaan om watertenkwaens na Soshanguve te stuur tot die netwerkstelsel bestendig is. Inwoners van Soshanguve, Mabopane, Ga-Rankuwa en Winterveldt word deur watertekorte geraak weens Rand Water se beplande onderhoudswerk aan die Hartebeeshoek-reservoir. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê inwoners in laagliggende gebiede word gevra om water spaarsaam te gebruik wanneer die voorsiening herstel word: