# Die Stad Tshwane sê hulle gaan appelleer teen die Pretoria Hooggeregshof-uitspraak oor die stad se skoonmaakheffing van 194-rand per maand vir kliënte wat privaat vullisverwydering gebruik. AfriForum het die hof genader om die metro se besluit tersyde te stel om ‘n nuwe verpligte maandelikse heffing van ongeveer 260-duisend huishoudings en ondernemings te hef. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Landboubestuur, Obakeng Ramabodu, sê daar is gewag gemaak van die skoonmaakheffing, maar dis nie uniek aan Tshwane nie.
Tshwane gaan appèl aanteken teen skoonmaakheffingsuitspraak