# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, en lede van die burgemeesterskomitee gaan die media vandag inlig oor die metro se diensleweringsuksesse. Dis deel van die 100 Dae-aksieplan wat in Oktober bekendgestel is om die metro se finansies te verbeter, die ekonomie ʼn hupstoot te gee en dienslewering voorop te stel. Die veelparty-koalisieregering sal ook inligting deel oor die konsepbegroting, historiese skuld, die skuldverligtingskema, ouditprestasie, toepassing van verordeninge en diensleweringsteikens vir die volgende drie maande.
Tshwane-burgemeesterskomitee deel inligting oor diensleweringsmylpale