Skip to content

Tshwane-burgemeester waarsku informele handelaars om nie vir stalletjies in Marabastad te betaal nie [KLANK]

# Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya waarsku informele handelaars in Marabastad teen individue wat blykbaar geld vra vir handelsruimte by nuwe stalletjies. Haar kantoor het berigte van bekommerde informele handelaars ontvang oor onbekende persone wat betaling eis vir die toewysing van stalletjies. Moya sê die enigste aanvaarbare betaling was ʼn fooi wat Tshwane-amptenare volgens ʼn ondertekende kontrak gehef het. Sy sê ʼn lys handelaars is reeds opgestel en goedgekeur, en bykomende ruimte sal aan nog handelaars toegewys word:

ENG MoyaONMarabastad