# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya sê die metro skep platforms vir jong mense om deel te neem aan besluitneming. Sy het haar boodskap op Jeugdag gelewer. Moya sê die metro erken die jeug se geweldige potensiaal en energie wat lei tot die bevordering van verandering in sektore soos tegnologie en die kunste. Die burgemeester sê jong mense se stemme maak saak en die toekoms kan nie sonder hulle beplan word nie.
Tshwane-burgemeester sê jong mense se stemme is nodig en maak saak