Skip to content

Tshwane beloof om rekeningfoute met die skoonmaakheffing reg te stel

# Die Stad Tshwane sê hulle het teenstrydighede geïdentifiseer tydens die programmering van die faktuurstelsel vir die instelling van die nuwe skoonmaaktarief. Die tarief is van toepassing op eiendomme wat nie die metro se afvalverwyderingsdienste gebruik nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, sê hulle het tydens die bewerking besef die stelsel het verkeerdelik ‘n heffing op sommige inwoners in landgoedere/komplekse geplaas, wat reeds die munisipale afvalverwyderingsdiens gebruik. Hy sê hulle gee aandag aan die gevalle en sal alle rekeninge wat geraak is, regstel.