# Tenders van 119-miljoen-rand is toegeken aan ‘n maatskappy wat voorheen verbind is met die voorsitter van die ANC in Tshwane, Eugene Modise. Hy voer aan hy het in 2019 uit Triotic Protection Services bedank. Die tenders wat tussen 2021 en verlede jaar toegestaan is, sluit kontrakte in vir vullisverwydering en die opgradering van infrastruktuur. Opposisiepartye het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike belangebotsing en vra deursigtigheid in die verkrygingsproses. Die ANC het nog nie amptelik op die aantygings gereageer nie.
Tshwane ANC-leier se vorige maatskappy kry tenders van R119-miljoen