Skip to content

Trump wil Departement van Verdediging na Departement van Oorlog verander

# Die Amerikaanse president Donald Trump gaan vandag ‘n uitvoerende bevel onderteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog sal verander. Dit was die naam van die departement in die 1940’s. Volgens dokumente wat deur die BBC gesien is, is die doel daarvan om “krag en vasberadenheid uit te beeld”. Die nuwe naam sal aanvanklik as ‘n “sekondêre titel” gebruik word terwyl die administrasie wag vir kongresgoedkeuring vir die permanente verandering. Amerikaanse media verwag dit sal nagenoeg een-miljard-dollar kos om die name te verander van honderde agentskappe, embleme, e-posadresse en uniforms.