Skip to content

Trump waarsku opskorting van tariewe op hoëtegnologie-produkte uit China sal van korte duur wees

# President Donald Trump van Amerika waarsku niemand gaan loskom weens onregverdige handelsbalanse nie en sê China kan verdere tariewe verwag. Dit volg nadat die Withuis Vrydag hoëtegnologie-produkte uit China van invoerbelasting vrygestel het. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social, hierdie produkte sal steeds onderworpe wees aan die bestaande fentaniel-tariewe van 20-persent. Hy voeg by Amerika sal nie gyselaar gehou word deur vyandige handelslande soos China nie.