# President Donald Trump van Amerika het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, gevra om aanvalle op Russiese diesel-raffinaderye te staak en sê dit veroorsaak ʼn wêreldwye tekort. Kiëf val Moskou se olie- en gasbedryf met langafstand-wapens aan, wat gelei het tot rantsoenering en dat Moskou in Julie diesel-uitvoere verbied het. Rusland het die afgelope weke sy lugaanvalle verskerp, en gebruik ballistiese missiele en straal-aangedrewe hommeltuie om Oekraïne se kragnetwerk te teiken. Trump sê daar is baie ander teikens wat Zelensky kan tref:
Trump vra Zelensky om aanvalle op Russiese dieselraffinaderye te staak [KLANK]
ENG TrumpOnZelensky