Skip to content

Trump verwelkom Zelensky vandag, verander sy deuntjie na gesprek met Putin

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, verwelkom later vandag sy Oekraïense ampsgenoot, Volodimir Zelensky, in die Withuis vir ‘n vergadering wat Oekraïne gehoop het sou lei tot groter militêre steun. Zelensky het probeer om druk uit te oefen vir Amerikaanse Tomahawk-missiele. Die Russiese president, Vladimir Putin, het egter gister tydens ‘n telefoongesprek met Trump gesê die verskaffing van langafstandmissiele aan sy buurland sal die vredesproses benadeel en die betrekkinge tussen die twee moonthede skaad. Trump se houding na die oproep het die waarskynlikheid van onmiddellike militêre steun verminder.