# President Donald Trump van Amerika sê hy het aan eerste minister Benjamin Netanyahu gesê hy sal nie toelaat dat Israel die Wesoewer annekseer nie. Israelse wetgewers het in Julie met 71 teen 13 ten gunste van ʼn niebindende mosie gestem om die Wesoewer te annekseer. Israel vestig reeds sedert 1967 nedersettings in die Wesoewer. Trump vergader Maandag met Netanyahu, en sê hulle kom al nader aan ʼn ooreenkoms en moontlik selfs vrede in Gaza.
Trump verbied Israel om Wesoewer te annekseer