Skip to content

Trump trek sy voorgestelde 20% tolgeld in die Straat van Hormoes terug

# President Donald Trump het sy dreigement om ‘n 20-persent-fooi te hef op skepe wat deur die Straat van Hormoes vaar, teruggetrek. Hy het gesê as Iran wil wins maak uit die belangrike olieskeepsroete, moet Amerika ook vergoed word vir die versekering van internasionale handel in die Golf. In ‘n plasing op Truth Social sê Trump die tolgeld sal vervang word deur beleggings in die VSA deur Arabiese lande in die Persiese Golf. Hy hou egter vol dat die straat oop is vir alle lande se skepe behalwe Iran.