# President Donald Trump van Amerika sê hy het ingestem om beplande militêre aanvalle teen Iran vir twee weke op te skort. Hy het met massiewe aanvalle teen Iran se energie- en vervoerinfrastruktuur gedreig indien Teheran nie ʼn ooreenkoms aanvaar nie. Pakistan het as bemiddelaar opgetree om die skietstilstand te bewerkstellig. Trump sê dis onderhewig aan die volledige, onmiddellike en veilige oopstelling van die Straat van Hormoes. Hy sê hulle het ʼn tienpunt-voorstel van Iran ontvang en glo dis ʼn werkbare basis waarvolgens hulle kan onderhandel.
Trump stem in tot skietstilstand van twee weke mits Iran die Straat van Hormoes oopstel