# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n ultimatum aan Hamas gestel om sy Gaza-vredesooreenkomds teen Sondag om middernag Suid-Afrikaanse tyd te aanvaar. Hy het op sy Truth Social-platform geskryf indien hierdie laaste kans-ooreenkoms nie bereik word nie, sal alle hel, soos nog nooit tevore gesien is nie, teen Hamas losbars. Trump het in sy plasing gesê “onskuldige Palestyne” moet ‘n ongespesifiseerde gebied ontruim in afwagting van ‘n moontlike aanval op Hamas se oorblywende magte.
Trump stel ultimatum aan Hamas of ‘alle hel sal losbars’