# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel is weer van krag, kort nadat hy met kragwoorde teen albei lande uitgevaar het weens die verbreking van die wapenstilstand. Die 79-jarige Republikein, wat op pad was om ‘n NAVO-beraad in Den Haag, Nederland, by te woon, het op sy Truth Social-mediaplatform verklaar die wapenstilstand gaan voort. Dit was pas nadat hy Iran en Amerika se noue bondgenoot, Israel, gekritiseer het vir die verbreking van die wapenstilstand wat hy laat gistermiddag aangekondig het.
Trump sê wapenstilstand weer van krag nadat hy uitgevaar het teen albei lande