Skip to content

Trump se voormalige prokureur Todd Blanche is naelskraap bevestig as Amerika se prokureur-generaal

# Donald Trump se voormalige persoonlike prokureur, Todd Blanche, is naelskraap as prokureur-generaal bevestig. Dis die land se top-wetstoepassingsbeampte. Die stemming bring ‘n einde aan die voortslepende geskil tussen die Republikeine in die Senaat en die Trump-administrasie oor Blanche, wat sedert April as waarnemende prokureur-generaal dien. Blanche is oornag in ‘n stemming van 50-49 bevestig, met twee Republikeinse senatore, Susan Collins en Lisa Murkowski, wat by die Demokrate aangesluit het om sy nominasie teen te staan. Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, sê Todd Blanche het geen voorneme om Trump se korrupsie te stop nie.