Skip to content

Trump sê verdagte in die Charlie Kirk-skietery is waarskynlik in aanhouding

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die verdagte in die moord op Charlie Kirk is waarskynlik in aanhouding. Die konserwatiewe aktivis is Woensdag by die Utah Valley University vermoor. Trump het aan Fox News gesê die 22-jarige Tyler Robinson se pa het hom oortuig om oor te gee. Owerhede beskryf die sluipmoord as ‘n geteikende aanval deur iemand op ‘n dak. Trump gee lede van die radikale linkses die skuld vir die moord, maar vra sy ondersteuners om nie gewelddadig te raak nie.