# Die Amerikaanse president, Donald Trump stel voor dat sekere TV-netwerke se lisensies “weggeneem moet word”, terwyl hy Amerika se uitsaaiwaghond ondersteun in ‘n geskil oor die skorsing van laataand TV-aanbieder, Jimmy Kimmel. ABC het die komediant “onbepaald” van die lug verwyder oor sy opmerkings oor die sluipmoord, verlede week op konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, in Utah. ABC het die program onttrek nadat die Federale Kommunikasiekommissie, wat deur ‘n Trump-aangestelde voorsitter gelei word, met regulatoriese optrede gedreig het. Trump het aan verslaggewers gesê die TV-netwerke gee hom net slegte publisiteit.
Trump sê TV-netwerke wat teen hom gekant is, moet ‘moontlik’ hulle lisensies verloor